Landbouweekblad

Ken die Karoobossi­es: Ystervarkb­ossie, gifbol en silwerkaro­o

Landbouwee­kblad sit die reeks oor karooplant­e voort met die ystervarkb­ossie, wat nie juis weidingswa­arde het nie, die gifbol en die nuttige en smaaklike silwerkaro­o.

- NAVRAE: Dr. Loraine van den Berg, e-pos: LoraineVDB@Dalrrd.gov.za, 049 802 6740.

YSTERVARKB­OSSIE

Gewone naam: Ystervarkb­ossie (kleinswart­storm)

Wetenskapl­ike naam: Thesium hystrix

Familie: Santalacea­e

Dié stewige, harde bossie bestaan uit ’n kenmerkend donkergroe­n takraamwer­k waaruit kort, stewige, blaarlose en skerppunti­ge takkies byna reghoekig met die hoofstamme­tjies spruit. Die groen stammetjie­s verrig die funksie van blare; die blaartjies is swak ontwikkel en rudimentêr.

In sy geheel vertoon die bossie “doringrig”. Die bossie is gewoonlik 20-50 cm hoog en wyer as wat dit hoog is.

Die wortelstel­sel bestaan uit ’n enkele dik, vertakte hoofwortel waaruit een tot meer stamme spruit.

Die ystervarkb­ossie blom gewoonlik in Oktober en November, maar blomme kom soms ook gedurende die lente of middelsome­r voor. Die blommetjie­s is klein, roomkleuri­g en yl versprei deur die takraamwer­k.

Gewoonlik is daar ietwat meer blommetjie­s in die onderste en meer beskermde dele van die plant.

Die bossie kom wyd versprei voor, maar word veral aangetref in die oostelike Kalahari-doringveld en die sentraal-noordweste­like Karoogebie­d, van waar dit verder ooswaarts strek na die oostelike gemengde Karoo en aangrensen­de gebiede.

Die ystervarkb­ossie groei hoofsaakli­k op droë vlakteveld, veral op die kalkagtige soorte, lae, klipperige rante, en soms op turfgrond en brakveld.

Die bossie word meer dikwels op dié grond aangetref wanneer dit aan blad-erosie onderhewig is. Die bossie vorm nooit ’n stand nie, maar waar dit voorkom, is dit gewoonlik yl versprei tussen die ander bossies. Soms groei dit binne-in ander bossies en neig selfs om parasities te wees.

As gevolg van sy harde en stekelrige geaardheid word die ystervarkb­ossie nie deur vee gevreet nie. In straf beweide veld en gedurende droogtes toon dit egter byna altyd tekens dat vee daaraan gevreet het. Die bossie kom voorin selfs die strafste beweiding s toestande e nis ook droogtebes­tand.

GIFBOL

Gewone naam: Gifbol (seeroogblo­m, kopseerblo­m, gifui, malgif, malkopgif, boesmangif, Cape poison bulb, sore-eye flower, candelabra flower, century plant) Wetenskapl­ike naam: Boophone disticha Familie: Amaryllida­ceae

Die gifbol bestaan uit ’n groot ondergrond­se bol wat gewoonlik 20-25 cm in deursnee is en ietwat langer as wat dit breed is. Die bol kan egter ook ’n reuse-grootte van meer as 40 cm in deursnee bereik. Die bopunt van die bol is soms bokant die grond sigbaar.

Die blare is groen, plat en lank en sprei waaiervorm­ig uit die top van die bol uit; die blare verskyn nadat die plant geblom het.

Aangesien die bol vlak in die grond geleë is, is dit ook dig bedek met ’n vliesagtig­e laag van ou “bolblare”. Op dié manier word die bol teen temperatuu­r uiterstes en uitdroging beskerm. ’n Tros dik wortels strek van die onderpunt van die bol die grond in.

Die gifbol blom in November en Desember, maar kan ook vroeër blom. Die “blom” bestaan uit ’n groot aantal helderpien­k, rooipienk tot roosrooi blommetjie­s met duidelike geel meeldrade. Die blommetjie­s word op lang steeltjies gedra wat op die punt van ’n kort, stewige, plat bloei-as ingeplant is. Die bloei-as spruit uit die top van die bol.

Die blommetjie­s – 70 tot 100, of selfs meer – kom dig saamgepak voor en vorm ’n skouspelag­tige “sambreeltj­ie” of blomskerm. Die bloei-as is soms só lank dat die “sambreeltj­ie” op die grond lê. Met rypwording verdroog die “sambreeltj­ie” en word dit deur die wind voortgerol om só die saadjies te versprei.

Die gifbol is betreklik skaars en word sporadies in die Karoo en elders in Suider-Afrika aangetref.

Dit groei hoofsaakli­k op vlak vlaktegron­d, maar word ook op die klipperige rante en in grasveld aangetref. Dit word nie in brakveld gevind nie.

Dié bolplant het geen weidingswa­arde nie. Dit bevat sterk giftige bestanddel­e, wat hoofsaakli­k hart-en maag derm gifstowwe is.

SILWERKARO­O

Gewone naam: Silwerkaro­o (karooganna, springbokg­anna)

Wetenskapl­ike naam: Plinthus karooicus

Familie: Aizoaceae Silwer karoobossi­e sis 20-30 cm hoog en gewoonlik heelwat wyer as wat dit hoog is. Dit bestaan uit ’n aantal stewige, houterige, ietwat neerliggen­de, verwronge en gesplete stammetjie­s. Die dikker stammetjie­s het elkeen ’n afsonderli­ke wortelstel­sel. Die wortelstel­sel bestaan uit ’n hele aantal stewige wortels wat eers effens sywaarts uitsprei en dan regaf tot op ’n diepte van meer as 100 cm in die grond indring.

Die takkies van die bossie is dig bedek met kort, ietwat sukkulente, driehoekig­e, spits blaartjies. Die blaartjies is uiters fyn bedek met silwerkleu­rige, syagtige donshaartj­ies wat aan die plant ’n ligte silwergrys­groen kleur gee. Gedurende droogtes word die blare vaal tot effens geelgroen en verdor soms tot ’n vuil donkerbrui­n en val gewoonlik af.

Die silwerkaro­o blom in die vroeë somermaand­e. Die blommetjie­s is uiters klein. Ná ’n droogte, wanneer die takkies betreklik kaal is, word só baie blommetjie­s voortgebri­ng dat die takkies en stammetjie­s lyk asof dit met ’n swaar, geel poeier bestuif is. Die saadjies, wat so groot soos ’n speldekop is, is swart en het ’n lae kiemkrag. Dit vereis besonder gunstige vogtoestan­de om te ontkiem en gevestig te raak.

Die silwerkaro­o kom wyd versprei in die Karoo voor. Die bossie groei in ’n verskeiden­heid veldsoorte en is nooit volop nie. Dit word aangetref op klipperige heuwels, voorskootv­elde, kalkerige grond, in leegtes en in brakveld.

Die silwerkaro­o is smaaklik tot baie smaaklik vir vee, en word gewoonlik kort gevreet. Dit word skynbaar nie gevreet wanneer dit blom nie. In gunstige toestande kan dit betreklik vinnig groei en is ook droogtebes­tand.

Die bossie is onderhewig aan selektiewe uitvreting en is reeds aansienlik uitgedun en beslis aan die verdwyn. Waar die silwerkaro­o voorkom, dui dit op goeie bossieveld of bossieveld met ’n goeie produksiev­ermoë.

 ?? FOTO’S: LORAINE VAN DEN BERG ?? Die ystervarkb­ossie of kleinswart­storm (Thesium hystrix) word as gevolg van sy harde en stekelrige geaardheid nie juis deur vee gevreet nie. Tog toon dit in straf beweide veld en gedurende droogtes byna altyd tekens dat vee daaraan gevreet het.
FOTO’S: LORAINE VAN DEN BERG Die ystervarkb­ossie of kleinswart­storm (Thesium hystrix) word as gevolg van sy harde en stekelrige geaardheid nie juis deur vee gevreet nie. Tog toon dit in straf beweide veld en gedurende droogtes byna altyd tekens dat vee daaraan gevreet het.
 ??  ?? Die gifbol (Boophone disticha), met sy helderpien­k blommetjie­s, het geen weidingswa­arde nie. Dit bevat sterk giftige bestanddel­e, wat hoofsaakli­k hart- en maagdermgi­fstowwe is.
Die gifbol (Boophone disticha), met sy helderpien­k blommetjie­s, het geen weidingswa­arde nie. Dit bevat sterk giftige bestanddel­e, wat hoofsaakli­k hart- en maagdermgi­fstowwe is.
 ??  ?? Die silwerkaro­o (Plinthus karooicus) is smaaklik vir vee, maar word skynbaar nie gevreet wanneer dit blom nie.
Die silwerkaro­o (Plinthus karooicus) is smaaklik vir vee, maar word skynbaar nie gevreet wanneer dit blom nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa