You are on page 1of 3

Dicoma spesies (D.anomala, D.capensis, D.

macrocephala,
D.membranaceaD.schinzii, D.tomentosa)
A: Aambeibos,grysbos, karmedik of
karmedip,kalwerwortel koors-of korsbossie,
maagbossie/-wortel, swartstorm, ver-pis,
vyfaartjies, wurmbos
E: feverbush, stomach bush
D: Fieberbusch
H: onjainja (Dicoma tomentosa)

Dicoma schinzii 
Die baie name vir hierdie soort plant dui aan, dat dit goed bekend is onder ‘n groot deel van die bevolking.
Die rede is nie sy stekelrigheid nie ☺, maar wel sy onskatbare en algemeen bekende medisinale waarde.
Dit is beslis die moeite werd om self te toets, aangesien die plante nie eintlik toksies is nie; ‘n mens moet
net oppas vir oordosering!!! Die goeie nuus is: dit kom in een of ander vorm oor die hele suidelike Afrika-
kontinent voor, behalwe in die tropiese nat gebiede en is maklik bekombaar. As jy hulle soek, mooi kyk,
hulle is nogal slim gekamoefleer en steek hulleself graag weg.
Vir my ongeskoolde oog lyk die verskillende spesies so baie na mekaar, dat dit moeilik is om uitmekaar te
ken, tensy hulle almal langs mekaar neergesit word vir vergelyking, maar hulle kom nie so in die natuur
voor nie.
Dicoma anomala hierdie Dicoma se blom lyk nogal anders as die ander Dicoma spesies. Dit is ‘n struik van tot
40 cm hoogte, of dit groei plat op die grond. Partykeer is dit slegs wit, partykeer perserig.
Dicoma macrocephala (macro: groot, cephala: kop, dit dui op die grootte van die blomkop) Dit is die
Dicoma met die grootste blom en daaraan kan ‘n mens dit ook identifiseer. ‘n Ander kenmerk is, dat die
bokant van die blaar baie donkerder is as die onderkant.
Dicoma capense: dis die bekendste een onder die
Dicoma spesies. Soms is die blommetjies ook pienk tot wit.
Die blare is smal langwerpig en gegolf by die kante, soms

ook effens getand.


Gewoonlik is hulle ook half toegevou, veral, as dit droog is.
Dan is daar nog Dicoma tomentosa, waarvan ek nie ‘n foto het nie. Dit is ‘n struik wat amper 1 m hoog
word, stekelrig en onaansienlik vertoon, …of dalk eerder“dissel-mooi”?
Medisinale waardes:
Afgesien van die voerwaarde vir kleinvee, is dit bekend vir verskillende medisinale gebruike oor die algemeen;
vir die meeste Dicoma-spesies grotendeels dieselfde of soortgelyke gebruike, dus sal ek veralgemeen.
Die snaaksste storie: By die Boesmans word beweer, dat soms skeelheid en/of ‘n ligte onreëlmatigheid in die
ontwikkeling van ‘n kind se skedel veroorsaak word deurdat ‘n blouvalk sy skaduwee oor die kind gegooi het.
Hierdie “siekte” word dan met Dicoma alleen of in kombinasie met ander kruie d.m.v. beroking (rook word
ingeasem) of toediening op die kind se tong en die ma se borste (werk ook profilakties!!) behandel.
Antoinette Pienaar, bekende kruievrou in die Karoo, beveel dit saam met dasbos (Pelargonium griseum) aan vir
blaasprobleme en saam met kankerbos (Sutherlandia frutescens) vir prostaatprobleme.
Aftreksel van gerasperde wortels en/of ook blare bring koors af , verlig hoes en verkoue-ongerief oor die
algemeen en word selfs as hart- en bloedsomloop-tonikum gedrink.
Gekneusde wortels en blare gekook help teen maagwerk en ingewande-parasiete soos wurms.( 1 koppie
gerasperde wortels en ses of sewe gekapte blare gekook in twee liter water vir ongeveer 20 minute soggens
op nugter maag, dan nog tweekeer gedurende die dag en dit vir drie dae lank).
Galsiek by vee is ook met hierdie resep behandel.
Boereraat: Bogenoemde resep ingeneem saam met Gin his blykbaar in die outyd deur boere gebruik teen
aambeie.
Lamheid en pyne in die lendegordel (niere, laer rug, menstruasiepyne) is verlig ook deur hierdie tee te drink.
‘n Koppie Dicomatee af en toe bevorder ook melkproduksie by borsvoedende moeders.
Oogdruppels teen ‘n sekere ooginfeksie (wit spikkels in die oog) is deur Himbas met ‘n aftreksel van Dicoma
tomentosa behandel.
Op ‘n hoë noot wil ek met behandelingsmoontlikhede afsluit: Om jou singstem hoog en duidelik te laat klink,
drink ‘n koppie Dicoma -worteltee!
Dikwels word kruie saam gebruik; Antoinette Pienaar se leermeester Oom Johannes gee die volgende
verduideliking so: “One plant must lend the other a hand for the places it can’t get to.”
Hy beweer ook, dat kruie nie van metaal of plastiek hou nie.Berei dus kruietee altyd in keramiek- of
glashouers. Uit respek vir die plante moenie die teeblare in die vullisdrom gooi nie, gee dit liewers terug aan die
natuur (plantbedding/ kompos).

Inligtingsbronne: Indigenous Healing Plants (Margaret Roberts)


Heil-, Gift- und Essbare Pflanzen in Namibia (Eberhard von Koenen)
People’s Plants (Ben-Erik van Wyk, Nigel Gericke)
The Griqua’s Apprentice (Antoinette Pienaar)
Gemsbok Bean & Kalahari Truffle (Arno Leffers)
Fotos: Dicoma anomala (Google images) Dicoma capense (Alex Dreyer) Dankie!
Teks en orige fotos: Anka Eichhoff
Mei 2018

You might also like